327 kinders staar ‘n somber Kersfees in die gesig
Kinderhuis kinders wag al langer as 60 dae nadat die staat versuim het om die broodnodige subsidie uit te betaal.
“Tans is ons nie in staat om te verseker dat daar in die basiese behoeftes van kinders voorsien word of om basiese uitgawes te betaal nie.” Charlene Grobler, HUB
Jakaranda Kinderhuis; Bank: ABSA; Rek nr: 93-5108-6952; Tak-kode: 632 005
Verwysing: Help & u kontaknommer, Epos bewys van betaling: admin@jacarandachildren.co.za
Voltooi die onderstaande vorm en ons sal jou kontak.
Die Jakaranda en Louis Botha Kinderhuise is in Pretoria gesetel. Hierdie tehuise versorg 344 kinders tussen die ouderdomme van 3 en 18 jaar. Die kinders word in ons sorg geplaas nadat hulle deur die hof uit hul ongunstige omstandighede verwyder is. Hier bied ons ʼn tuiste waar hulle terapie en voldoende mediese dienste ontvang..
Die subsidie van die departement van maatskaplike ontwikkeling dek 50% van die behoeftes van hierdie kinderhuise en bly ʼn kritieke bron van inkomste waarvan die kinders afhanklik is. Na 60 dae se vertraging voorsien ons nie dat die regering die subsidie sal betaal nie en gevolglik moet ons ʼn beroep op die publiek doen om ondersteuning te kry.
Ons het dringend fondse nodig om salarisse te betaal en kruideniersware, kos, toiletware en skoonmaakmateriaal vir al 29 huise te koop.
Jy kan help.
Voltooi die bostaande vorm om ʼn vriend van die Jakaranda Kinderhuis te word en ʼn klein bydrae te maak om hulle nood te verlig.
Direkte inbetalings:
Jakaranda Kinderhuis
ABSA
93-5108-6952
632 005
Reference: Help & u kontaknommer
Epos bewys van betaling: admin@jacarandachildren.co.za